GRAAFF-REINET KRIEKETNUUS - Graaff-Reinet se United-krieketklub het weer die Sentraal Karoo-krieketunie se eerste ligabeker gewen. Die finaal is Saterdag 20 April beslis. Die span is gebalanseerd en geoliede masjien wat vir niks terug staan nie. Prestige is aan die finaal gegee met die twee neutrale skeidsregters wat OP-krieketunie van Port Elizabeth gestuur het om die wedstryd te beheer.
United-krieketklub het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Aanvanklik het die boulers van Steytlerville-krieketklub die skroewe styf aangedraai en die kolwers moes hard werk vir hul lopies.
United het 215/5 behaal in hul toegelate 45 boulbeurte. Goeie bydraes het gekom vanaf die kolf van Edorique Gouws (69), Ezra Gouws (55) en Luther Rogers (38 nie uit nie).
Die boulers wat paaltjies gekry het is Darius de Jager (1/29), Dwuyne Hartzenburg (1/39), Donovan Killian (1/19) en Enwyn Daniëls (1/24). In die kolfbeurt van Steytlerville (164/10) het kolfbydraes gekom vanaf Darius de Jager (34), Enwyn Daniëls (23 ) en Donovan Killian (16). Marchelle Madeley (21/4), Carlo Adams (29/3) en Luther Rogers (33/2) het goeie bydraes met die bal gelewer.
United wen die aanskoulike wedstryd met 51 lopies.
United wen die aanskoulike wedstryd met 51 lopies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'