KRIEKET NUUS - Telesto Ramblers-krieketklub het Saterdag 4 Februarie met 'n krag vertoning hul plek bespreek in Six Gun Grill SWD se promosie relegasie liga 1 se 50 boulbeurt-kompetisie.
Dean Lewis, kaptein, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf teen NMU Madibaz A. Sy span het 236 almal uit aangeteken.
Die uitblinkers met die kolf was 'n aanvallende beurt van 59 van 35 balle (10 viere, 1 ses) deur Fabian Campher, Yusuf Abrahams 31 (2 viere, 2 sesse), maar dit was die 16-jarige aanvangskolwer Kurt Botha se 40 in 152 minute (3 viere) wat die kollig gesteel het.
Die beste boulers was John Horne met 3 vir 60 lopies, Gideon Scheepers en Josh van Greunen het elk 2 paaltjies gevat.
NMU Madibaz kon slegs 97 lopies aanteken met Gideon Scheepers 47 (8 viere, 1 ses) en Envor Windwaai 21 nie uit nie.
Kurt Botha 5 vir 34, Chamille Canarie 2 vir 18 en Henwico Stal 2 vir 37 was die beste boulers.
Telesto Ramblers A wat met trots geborg word deur Jonathan Hills, eienaar van die Telesto Clay Tennis Courts in Rooirivierrif, speel eerskomende naweek teen Riversdal A in Riversdal. Die halfeindronde vind op 18 Februarie plaas.
Agter, van links is Heathwin Joseph (afrigter), Chamille Canarie, Jakobus September, Henwico Stal, Dean Lewis (kaptein), Arthur Lottering (onderkaptein), Gerchwin Joseph en Peter-John Jacobs (spanbestuurder). Voor: Shannan Nomdoe, Kurt Botha, Eltinoh van Rooyen, Fabian Campher, Quinton Davids, Yusuf Abrahams en Lenwill Smart.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'