GRAAF-REINET KRIEKETNUUS– Standard-krieketklub (Cradock) is verlede Saterdag in Graaff-Reinet as die wenners van die krieketwedstryd teen Botanics-krieketklub gekroon.
Standard-krieketspan het eerste gekolf en 225/7 in hul toegelate 40 boulbeurte geslaan danksy 'n puik bydrae van 68 lopies deur Bredell Michau en 53 deur Barend de Klerk.
Denzell Meyers (Botanics) het in die wedstryd vier paaltjies geneem en 40 lopies afgestaan.
Botanics is daarna vir 195 lopies uitgeboul en 'n oorwinning van 30 lopies aan Standard-krieketspan verseker.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'