GRAAFF-REINET SPORT NUUS - Die seëvierende Stallions-krieketspan, onder leiding van kaptein Jean-Pierre Phillips, speel komende Saterdag 18 Februarie op die Fred Hufkie Oval in Kroonvale teen Umasizake 1.
Verlede Saterdag het die Stallions vir Aberdeen druipstert huistoe gestuur deur hulle met 64 lopies te verslaan op die Botaniese sportveld in Graaff-Reinet.
Phillips nooi alle Graaff-Reinetters uit om hulle wedstryd die komende Saterdag by te woon.
Ander uitslae
Umasizake 2 teken 131/4 aan, maar United teken die wenlopies aan met twee paaltjies staande.
Steytlerville teken 'n beskeie 90 lopies aan in 19 boulbeurte en Willowmore antwoord met 94/5 in 16 boulbeurte en wen met 5 paaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'