GRAAFF-REINET NUUS - Twee krieketspanne van Laer Volkskool het verlede Woensdag klinkende oorwinnings oor Union behaal.
Die o.13's het Union met 10 paaltjies oorrompel terwyl die o.9's hul kragmeting met 10 lopies gewen het.
In die o.13-wedstryd het Union het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle kon slegs 86 lopies in hulle 20 beurte aanteken.
Jano Jevan en Christopher Bezuidenhout het elk twee paaltjies geneem terwyl Petrus Wolfaardt een laat kantel het.
Volkskool se aanvangskolwers, Jano Jevan en Pieter Nel, het met onoorwonne kolfbeurte die wentelling bereik. Nel het veral onder die Union-boulers ingeklim en 53* lopies opgestapel terwyl Jevan hom stewig bygestaan het met sy onoorwonne 34 lopies.
Die o. 13A-krieketspan van Laer Volkskool het Union met 10 paaltjies geklop.
'Ons bring jou die nuuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'