Gallery
GRAAF-REINET KRIEKET-NUUS - Hartenbos-krieketklub is verlede Sondag in Graaff-Reinet as die kampioenspan van die Botanics T2-kriekettoernooi gekroon.
Die besoekers het bo-aan die puntelys geëindig en met die R5 000-kontantprys weggestap.
Hugo Redelinghuys het verlede Donderdag by die botaniese tuine die openingswedstryd tussen 'n Graaff-Reinet-uitnodigingspan en Steytlerville gaan aksiefoto's neem.
Graaff-Reinet het die loot gewen en 171/4 in hul toegelate 20 boulbeurte geslaan danksy 'n puik bydrae van 92 lopies deur Jonathan Crankshaw.
Steytlerville is daarna vir 112 lopies uitgeknikker vir 'n oorwinning met 59 lopies vir die tuisspan.
Fotogalery: Hartenbos-krieketklub kampioene op Graaff-Reinet
Gerhard Coetzee streel die bal aan sy wegkant.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'