CRADOCK KRIEKETNUUS - Die Hoërskool Cradock het sy eweknie van Hangklip in Queenstown met 'n allemintige 241 lopies in 'n skolekrieketwedstryd geklop.
Cradock het Saterdag 280/6 in sy toegelate 40 boulbeurte aangeteken. Sy uitblinkers met die kolf was Niel Slabbert (37), Musa Green (41), Revan Block (41) en Sibu Poyo (*61) en Luandré Olivier (*23), wat albei onoorwonne was.
Emile Coetzee het in sy debuutwedstryd vir Cradock uitgeblink met die bal deur 3/11 in te oes.
Musa Green, Denzell Meyers en Sibu Poyo het elk twee paaltjies geneem.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'