KAROO NUUS - 'n Stewige kolfvertoning deur Wiegaard Brummer en 'n puik veelsydige vertoning met die kolf en bal deur JP Vorster het Botanies-krieketklub verlede Saterdag in Graaff-Reinet gehelp om Aberdeen maklik met 147 lopies te klop.
Botanies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers het vinnig toegeslaan en drie van die tuisspan se topkolwers goedkoop uitgehaal.
Maar daarna het Brummer met geduldige kolfwerk 75 lopies opgestapel en vir Botanies uit die moeilikheid gekolf. Vorster het hom puik ondersteun en 53 lopies aangeteken wat Botanies in staat gestel het om 206 lopies in hul toegelate 40 boulbeurte aan te teken.
Aberdeen het gesukkel teen die boulwerk van veral Vorster, wat 3/9 ingeoes het.
Die besoekers is goedkoop vir 59 lopies uitgeboender.
Wiegaard Brummer van Botanies-krieketklub moker nog 'n grenshou in sy beurt van 75 lopies - die hoogste telling in dié wedstryd.
JP Vorster kap die bal vir 'n vier grens toe in sy beurt van 53 lopies. Hy het ook 3/9 met die bal ingeoes vir 'n puik veelsydige vertoning. Foto's: Hugo Redelinghuys
Manie Job van Aberdeen het met bekwame vaart geboul en Botanies se boulers getoets.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'