GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Die beste hoërskool atlete van die Oos-Kaap het onlangs in Port-Elizabeth aan die provinsiale atletiekkampioenskappe deelgeneem.
Reën het tydens die kompetisie van tyd tot tyd geval, maar dit kon egter nie die entoesiasme van die verskeie atlete demp nie.
Die volgende goeie prestasies is deur atlete van Hoër Volkskool behaal:
- Marni van der Merwe het 'n goue medalje in die 100m (Dogters O.17) met 'n tyd van 12,75 sekonde verower.
- Jay-Dee Jooste het twee silwer medaljes verower in die Seuns O.19 afdeling - sy 1,80m in hoogspring en 13,44m in driesprong het dit moontlik gemaak.
- Caryn Swartz het drie medaljes verower in die Dogters O.19 afdeling - haar 26,84 sekonde in die 200m het haar 'n silwer medalje besorg en in die 100m en die verspring het prestasies van 13,02 sekonde en 4,80m aan haar twee brons medaljes besorg.
- Shirwan van Staden het 'n brons medalje in die 100m (Seuns O.19) met 'n tyd van 11,04 sekonde verower.
- Tiané Lombard het ook 'n brons medalje in die gewigstoot (Dogters O.17) met 'n afstand van 11,99 meter verwerf.
Caryn Swartz, Jay-Dee Jooste, Shirwan van Staden, Lliam van Heerden, Marni van der Merwe en Tiané Lombard het onlangs aan die provinsiale atletiekkampioenskappe deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'