CRADOCK NUUS - Twee atlete van Hoër Landbouskool Marlow in Cradock het onderskeidelik 'n goue en twee silwermedaljes by die Oos-Kaapse kampioenskappe Saterdag 4 Maart in Gqeberha verower.
Twee ander atlete het ook baie goed gevaar in hul onderskeie dissiplines.
- Anrich Lategan (Sako) 1ste plek in S o.17 spiesgooi.
- Christiaan Lessing (Tasco) 2de plek in S o.14 diskus en gewigstoot.
- Albrey Rudman (Kaizer) 5de plek in S o.17 diskus.
- Van Heerden Kotzé (Lofty) 5de plek in S o.15 100 m.
Van links is Kotzé van Heerden, Anrich Lategan, Albrey Rudman en Christiaan Lessing.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'