GRAAFF-REINET NUUS - Brendley Memani, verbonde aan die Spandau Sekondêre Skool te Graaff-Reinet, het die pas afgelope naweek deelgeneem aan die SA Hoërskole Nasionale Kampioenskappe by die NMU-stadium in Port Elizabeth.
Die byeenkoms, wat van 21 tot 23 Maart plaasgevind het, het Memani tot sy uiterste getoets.
Memani het egter sy staal gewys en deurgedring tot die finaal van die 1500m.
Tydens die finaal het Memani ‘n 10de plek behaal met ‘n tyd van 4:26,15. Dit is ‘n nuwe persoonlike beste tyd vir Memani in dié item.
Spandau-leerkrag, Mervin Mackelina, is baie trots op Memani se prestasie by die byeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'