GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se onlangse kleure-atletiekbyeenkoms was ‘n reusesukses.
Die atlete het almal uitstekend gevaar en die Rupertspan met hulle vuurwaens en die Reinetspan met hulle spoggerige Ford-bakkie, het gesorg vir groot opwinding.
Die ouers en onderwysers wat in die aflositems deelgeneem het, het ook nie teleurgestel nie.
Hardus Lötter verbeter die 80 m-rekord vir seuns o.9. Die bestaande rekord was 12,87s en hy voltooi die resies in 12,79s. Lee- Jon Blignaut verbeter die 200 m-rekord vir seuns o.13. Die bestaande rekord was 30,16s en hy voltooi die resies in 28,18s. Lee- Jon hou tans ook rekords in vier verskillende ouderdomsgroepe.
Janike van Zyl verower die victrix ludorum-trofee en Gideon Viljoen is aangewys as victor ludorum.
Die Reinetspan het as wenspan uit die stryd getree met 869 punte teenoor die 800 punte van die Rupertspan.
GALERY: Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Janike van Zyl met die victrix ludorum-trofee.
Hardus Lötter
Gideon Viljoen
Lee- Jon hou tans rekords in vier verskillende ouderdomsgroepe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’