Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Die Aspen-marathon is die afgelope Saterdag, 2 Desember, in Port-Elizabeth aangebied.
Ses atlete verbonde aan die Graaff-Reinet Running Club het hieraan deelgeneem.
Eric Foendien het die 42.5km in ‘n tyd van 2.57:27 klaargemaak – dit plaas hom tiende oor die eindstreep in sy ouderdomsgroep (34- tot 39-jariges) en 24ste onder al die deelnemende atlete.
Jan Fick het die wedloop voltooi in ‘n tyd van 3.16:50. Hy eindig negende in sy ouderdomsgroep (50- tot 59-jariges).
Stefan Steynberg maak die wedloop in ‘n tyd van 3.58:40 klaar, gevolg deur Chade Bowles (4.29:15) en Elise Steynberg (4.43:40).
Marelize Campher van Graaff-Reinet het op die dag haar eerste marathon voltooi, en dit in ‘n tyd van 5.30:58 – welgedaan!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'