GRAAFF-REINET NUUS – As Rentia Oosthuizen, 'n Downsindroom-atleet van Graaff-Reinet, voortgaan om teen haar huidige tempo in sport te presteer, is die kanse baie goed dat dié plaaslike atleet die jaar wéér as ‘n wêreldkampioen gekroon kan word.
Rentia het by die onlangse Nasionale Spele van die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektueel Gestremdes in verskeie swem-items 13 medaljes gewen, waarvan vyf silwer en agt brons was.
Haar uitmuntende prestasies in dié toernooi het daartoe gelei dat sy in die SA-span opgeneem is wat in die Swem Wêreldkampioenskappe vir mense met Downsindroom in Julie in Kanada gaan deelneem.
Rentia, is egter nie net ‘n swemmer van formaat nie, maar blink sy ook uit op die atletiekbaan.
Rentia gaan in Oktober aan die Atletiek Wêreldkampioenskappe vir Atlete met Downsindroom gaan deelneem.
Deur dié prestasies is Rentia een van slegs twee Down-sindroom lyers wat Suid-Afrika in beide die swem en atletiek by die wêreldspele vir Downsindroom-sportlui in 2018 gaan verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'