GRAAFF-REINET NUUS - Verlede week het 46 mense aan die Mountain Drive parkrun in Graaff-Reinet deelgeneem. Hiervan was vier nuwelinge, en twee het dit reggekry om hul tye te verbeter.
Dit was egter Roland Palme met sy vinnige tyd van 26:46 wat eerste oor die wenstreep was.
Palme se tyd het die stof laat staan, en Thomas Maseko het eers sowat vyf minute laster tweede plek van die mans geneem. Lorette Luscombe kon egter by Palme byhou, en het met haar tyd van 27:49 algeheel tweede geëindig, en eerste van die vroue.
Na Luscombe was dit Likhona Dlomo met 33:05, en Carym Cherrington derde met 33:07. Johan Gerber (32:42) was derde van die mans.
Die geleentheid is moontlik gemaak deur vrywilligers Mike Calitz, Kim Spencer Primic, Lusan Luscombe, Peter Burdett, Jacqueline Taylor-Freeme, Andile Nofemele, Bongisa Makutu, Johan du Plessis, Wayne Gradell, Marna Gerber en Raymond van Staden.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'