GRAAFF-REINET NUUS - Ses atlete van Hoërskool Middelburg het van 15 tot 18 Maart tydens die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek (Sasa) in Germiston puik gepresteer en vyf medaljes verower.
Die Oostelike Provinsie, waarvan Middelburg deel was, het altesame 20 medaljes ingepalm.
Die uitslae is as volg:
- Megan Newton - 2de in 100 m-hekkies vir dogters in 14.66 sek, 3de in die verspring (5,55 m), en 8ste in die hoogspring (1.58 m).
- Tommie Olivier - 2de in hamergooi vir seuns o.19 (52,11 m).
- Danelle Bishop - 3de in hamergooi vir dogters o.19 (46,87m).
- Christel van Vuuren - 3de in hamergooi vir dogters o.17 (47,68 m).
- Elzaan Pieterse - 12de in hamergooi vir dogters o.17 (39,4 m).
- Gerhard van Graan - 4de in 100 m-hekkies vir seuns o.15 en 5de in 300 m-hekkiesuitdunne.
Dié ses atlete van Hoërskool Middelburg het by 'n atletiekbyeenkoms in Germiston puik gepresteer en vyf medaljes verower.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'