GRAAFF-REINET NUUS - Diniso Matayi, ‘n kranige atleet verbonde aan Laer Volkskool in Graaff-Reinet, het op Vrydag, 28 September, aan die Sub-Jeug Atletiekliga by die Westbourne-stadion in Port-Elizabeth deelgeneem.
Diniso het hier ‘n eerste plek ingeraap in die 80m vir seuns O.9.
Op 15 Oktober het Diniso ook deelgeneem aan die Thoba Sport Atletiek-uitdaging by Hoërskool Framesby. Hier het hy ‘n derde plek in die seuns O.9 se 60m-naelloop behaal.
Laer Volkskool is baie trots op die leerder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'