GRAAFF-REINET NUUS - Die Lottering-egpaar van Kroonval kan met reg trots wees op hul twee dogters wat buitengewoon talentvolle atlete is.
Recarhtlin (16) en Bronwon (9) Lottering presteer op hoogstaande vlak. Hulle is die dogters van Recardo en Barbara Lottering. Beide die dogters is leerders by Lingcom Primêr in Kroonvale.
Recahrtlin Lottering behaal 'n derde plek by die provinsiale atletiekbyeenkoms in vêrspring. Sy is ook die topatleet in die Camdebo-streek in die 100 m. As gevolg van 'n besering kon sy hierdie seisoen nie verder op skoolvlak deelneem nie.
Bronwon, het die afgelope atletiekseisoen reeds talle toekennings ontvang, selfs op provinsiale vlak.
Bronwon vaar die afgelope seisoen uitsonderlik en sy hardloop ook vir die Camdebo-atletiekklub.
Beide die dogters het reeds op sesjarige ouderdom aan atletiek begin deelneem.
Recarhtlin (regs) en Bronwon Lottering.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'