GRAAFF-REINET NUUS - Flippie Loock (22:58) het Saterdag, 1 Junie se Mountain Drive Parkrun gewen.
Met 76 atlete in die veld was Kaizer Cata (23:24) tweede, Neville Paxton (24:33) derde en Anton Baans vierde.
10 atlete het die Parkrun vir die eerste keer afgelê, 15 het hul persoonlike beste tye verbeter, en een atleet van 'n ander klub het na Graaff-Reinet gereis om deel te neem.
Sedert die ontstaan van die Mountain Drive Parkrun op 2 Februarie vanjaar het 751 atlete reeds daaraan deelgeneem. Tesame het die atlete 12 090km afgelê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'