ATLETIEK NUUS - Die Kwaggas het koning gekraai by die jaarlikse Hartloop-atletiekbyeenkoms wat op 8 Februarie by die De Jager-sportstadion in Oudtshoorn plaasgevind het.
Deelnemende skole aan hierdie interskole kompetisie was Hoërskool Outeniqua (George), Hoërskool Punt (Mosselbaai), Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn) en Hoërskool Oudtshoorn (Oudtshoorn).
Kwaggas verwerf 74 goue medaljes (die naaste volgende skool het 18), nege van die 10 trofeë en 22 van die 27 nuwe rekords. Die naaswenner skool het 243 punte aangeteken op al die items van die dag. Hoërskool Outeniqua wen die byeenkoms en teken 456 punte aan.
Trofeewenners:
- Beste o. 14 dogter: Lenka Viljoen
- Beste o. 14 seun: Jayden Fourie
- Beste o.15 dogter: Madison O'Connell
- Beste o. 15 seun: Walter van Rensburg
- Beste o. 17 dogter: Meike Coetzee
- Beste o. 17 seun: Zian du Plessis
- Beste o. 19 seun: Neil Erasmus
- Victrix ludorum: Miike Scholtz
- Victor ludorum: Ray-Jordan Schoeman
Kwaggas wat rekords gebreek het:
- Henco Swanepoel - hamergooi o. 15-seuns
- Meike Coetzee - hamergooi o. 17-dogters
- Walter van Rensburg - gewigstoot o. 15-seuns
- Ray-Jordan Schoeman - hekkies o. 14-seuns
- Mia Herselman - verspring o.15-dogters
- Miike Scholtz - hoogspring o.14-dogters
- Darnell Delport - hoogspring o. 14-seuns
- Jacobus du Plessis - 1 500 m o. 14-seuns
- Thinus Erasmus - 1 500 m o. 17-seuns
- Lenka Viljoen - spiesgooi o. 14-dogters
- Mia Herselman – 100 m o. 15-dogters
- Chad Campher – 100 m o. 17-seuns
- Zian du Plessis - gewigstoot o. 17-seuns
- Anzelle Botes – 400 m o. 15-dogters
- Walter van Rensburg - diskusgooi o. 15-seuns
- Lenka Viljoen - gewigstoot o. 14-dogters
- Zoë Dixon – 90 m-hekkies o. 14-dogters
- Ray-Jordan Schoeman – 100 m-hekkies o. 14-seuns
- Neil Erasmus – 110 m-hekkies o. 19-seuns
- Meike Coetzee - diskusgooi o. 17-dogters
- Jacobus du Plessis – 88 m o. 14-seuns
- Chad Campher – 200 m o. 17-seuns
Die Kwaggas, wat hierdie jaar die skool se honderdste jaar vier, se tema was, 100 Jaar belaai met Heuning. Die sangspan het die atlete tot groter hoogtes aangespoor.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'