GRAAFF-REINET NUUS — Vroeg in Februarie het Kroonvale Primêr se atlete deelgeneem aan die Graaff-Reinet Sone-atletiekbyeenkoms.
Vier en sestig leerders het deelgeneem aan dié geleentheid.
Die atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt en 31 van die leerders is in die Graaff-Reinet Sone-atletiekspan opgeneem.
Hierdie 31 leerders het verder deelgeneem aan die Graaff-Reinet distrikatletiekbyeenkoms wat op 9 Februarie by die Collie Koeberg Sportkompleks plaasgevind het.
Agt van die leerders is opgeneem in die Graaff-Reinet-distrikspan wat op 16 Februarie aan die Sarah Baartmaan-disrik se atletiekbyeenkoms op die Westbourne Oval te Port-Elizabeth deelgeneem het.
Die skool is voorwaar baie trots op sy opkomende sterre.
Kroonvale Primêr se vinnige atlete.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'