GRAAFF-REINET NUUS - Dié Laer Volkskool-atlete is opgeneem in die Sarah Baartman-atletiekspan.
Hulle sal op 13 en 14 Maart in Cradock aan die Oos-Kaap Atletiekbyeenkoms deelneem.
Voor: Vincent Pienaar (seuns o.11: 1200m), Deidré Alberts (dogters o.10: 80m, 100m en verspring) en Marizel Marais (dogters o.10: 70m hekkies en verspring).
Agter: Elromeo van Heerden (seuns o.13: gewigstoot) en Alecia Louw (dogters o.11: 70m hekkies, 80m en 100m).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'