GRAAFF-REINET NUUS - Die 25ste agtereenvolgende Meiringspoort 12,5 km en 21,1 km pretdraf en halfmarathon het Saterdag, 14 Oktober, 3 100 atlete van regoor die land gelok.
Onder dié was daar ‘n klompie van Graaff-Reinet en omstreke ook.
Tradisioneel is die atlete reeds vanaf 04:30 die oggend met verskeie volstruistrokke van die NG Kerk De Rust se gronde, tot by die twee wegspringpunte in Meiringspoort aangery.
Met warm weersomstadighede voorspel vir De Rust, moes die atlete eers yskoue weer trotseer binne die poort.
Toegedraai in komberse en met swart sake oor hul bolywe, het hulle by die wegspringpunte agter rotse en in groepies gewag vir die skoot om 06:45 te klap.
Met die wegspring is die komberse net daar neergegooi, waar dit deur die organiseerders opgetel is en aan welsynsorganisasies geskenk is.
Beide draf items het by die NG Kerk se gronde klaargemaak, waar ‘n feestelike atmosfeer geheers het.
Toegedraai in komberse en met swart sakke oor hul bolywe, het Graaff-Reinet se atlete hulle by die wegspringpunte agter rotse en in groepies gewag vir die skoot om 06:45 te klap.
Meer inligting rondom die atlete se tye ensomeer sal in volgende Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'