ATLETIEK NUUS - Daniel Goliath (54), stigterslid van die Camdeboo-atletiekklub, het van 16 tot 18 November aan die veertiende Open African Masters Athletics-kampioenskappe (AFMA) in Pretoria deelgeneem en Suid-Afrika verteenwoordig.
Hy het onderskeidelik aan die 5 000 m- en 10 000 m-stapwedlope in die 50- tot 54-jarige afdeling by die Pilditch-atletiek-stadion deelgeneem.
Goliath het in Mei tydens Suid-Afrikaanse Meestersatletiek (Sama)-kampioenskappe in die Kaap vir dié kampioenskap gekwalifiseer en die Oostelike Provinsie verteenwoordig.
Hierdie kranige atleet het na 'n besering aan die begin van die jaar aan stapwedlope begin deelneem.
Goliath sal vorentoe sy sente moet omdraai want volgende jaar Augustus gaan hy aan die wêreldmeestersatletiekkampioenskappe in Swede deelneem.
Tye bereik:
- 5 000m - 30:40:32 – (brons)
- 10 000m -1:02:37 – (silwer)
Saam met die afrigter, Alsandro Davids van Clutch Fitness, rig hulle tans sowat 20 kinders in baanitems by die Camdeboo-atletiekklub af.
As daar ouers is wat belangstel om hul kinders aan atletiekafrigting bloot te stel, kan hulle Goliath by 068 072 8875 of Davids by 076 296 9447 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’