GRAAFF-REINET NUUS — Rentia Oosthuizen, 'n Downsindroom-atleet van Graaff-Reinet, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir intellektueel gestremdes (SASAII) se atletiekkampioenskappe in Rustenburg deelgeneem.
Die geleentheid het dan ook gedien as proewe vir die nationale atletiekspan.
Hier het Oosthuizen - wat eers die Karoo se swemsensasie was en toe ’n atleet van formaat geword het - goud in die verspring, gewigstoot en 200m naellope verower sowel as silwer in die 100m- en 400m-wedlope.
Sy is ook na afloop van die geleentheid as die beste atleet met Downsindroom aangewys en is in die SA-span opgeneem wat aan die Wêreldspele vir Downs in 2018 gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutst Graaff-Reinet, Karoo nuus'