GRAAFF-REINET NUUS — Vir diégene wat die 56km Two Oceans oor ‘n maand wil aandurf, was die Kango Grotte Marathon van die afgelope Saterdag, 28 Februarie die laaste geleentheid om te kwalifiseer.
‘n Groot getal Graaff-Reinet drawwers het dus die tog na Oudtshoorn aangepak om die 42km te gaan kafdraf.
Sommige het die 'kafdraf' net makliker reggekry as ander!
Drie atlete het nuwe persoonlik beste tye vir die wedloop opgestel, hulle is Elise en Stefan Steynberg wat die 42.4km-wedloop in onderskeidelik 4.20.33 en 3.40.01 voltooi het en Alet Liebenberg wat die 21.1km-wedloop in 'n tyd van 2.00.37 klaar gemaak het.
Vir Lötter van Niekerk en Marnice Pieterse was dit hul eerste 42.2km-marathon ooit, en het hul die wedloop in 'n tyd van 4.23.33 en 3.45.50 onderskeidelik voltooi.
Ander atlete wat aan die 21.1km deelgeneem het, is Ilze Nel (1.37.44), Jackie Taylor-Freeme (2.00.36) en Sophia du Plessis (2.16.55).
Ander atlete wat die 42.2km-wedloop voltooi het, is Tania Rossouw (4.22.41) en Rene Oosthuizen (4.33.56).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'