GRAAFF-REINET ATLETIEKNUUS - By die 2019 Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe in Oudtshoorn is besondere prestasies behaal deur atlete van oor die hele Suid-Afrika.
Plaaslike atlete, Alet Pietersen en haar broer, Theo Dörfling, het baie goed gevaar by die Kampioenskapsbyeenkoms.
Alet, ‘n oud-ouer van Höer- en Laer Volkskool, het 'n goue medalje gewen in spiesgooi. Sy neem deel in die ouderdomsgroep 55 tot 59 jaar in die damesafdeling. Sy hou ook die Suid-Afrikaanse rekord in hierdie afdeling. ‘n Verdere uitstekende prestasie wat sy in 2018 behaal het was om negende te eindig by die Wêreld Meesterskampioenskappe in Malaga, Spanje.
Theo, ‘n onderwyser by Hoër Volkskool, het ‘n brons medalje in spiesgooi gewen. Hy neem in die ouderdomsgroep 55 tot 59 jaar in die mansafdeling deel.
Hierdie was sy derde medalje wat hy in spiesgooi wen by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe sedert hy aan meestersatletiek begin deelneem het in 2015.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'