GRAAFF-REINET NUUS - Ricarthlin Lottering, Amy Mellowood, Brendley Memani, Benedick April, Muché Phillips, Mitchell Malgas, Lenrico van Wyk, Mucharle Martins, Ethan Jaftha en Berenise Jacobs, almal atlete van Spandau Sekondêre Skool, het tussen hulle altesaam 16 medaljes opgeraap by die onlangse Sarah Baartmanatletiekbyeenkoms in Port Elizabeth.
Dié atlete het die skool toe ook die pas afgelope naweek by die Oos-Kaap atletiekuitdunne in Cradock verteenwoordig, waar hul weereens baie goed presteer het.
Mitchell Malgas, Recarthlin Lottering, Benedict april, Amy Mellowood, Brendley Memani en Muché Phillips is, na afloop van Saterdag se kompetisie, gekies om van 7 tot 9 Maart aan die Oos-Kaap Hoërskole-atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth by die NMU-stadion mee te ding.
INSET: Ricarthlin Lottering (O.14) het besonder goed presteer tydens die Sarah Baartman-byeenkoms en twee goue medaljes vir die 100m en 200m items opgeraap.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'