GRAAFF-REINET NEWS - Die Collie Koeberg Hoërskole Atletiekbyeenkoms vind op Saterdag, 10 Februarie, by die Collie Koeberg-sportkompleks in Graaff-Reinet plaas.
Baie goeie prestasies en taai mededinging sal vir die toeskouers ‘n geleentheid bied om hierdie mooi sport te geniet.
Atlete van Asherville Sekondêr, Nqweba Sekondêr, Spandau Sekondêr, Hoër Volkskool, Union High, Aberdeen Sekondêr, Gill Kollege, Hoërskool Jansenville, Willowmore Sekondêr en enkele ander skole sal deelneem.
Die byeenkoms begin om 08:00 en sal ongeveer 17:00 afgehandel wees.
Daar word ‘n spesiale uitnodiging aan toeskouers gerig om die byeenkoms by te woon.
Die hekgelde wat betaalbaar is, is soos volg:
- Voertuie: R15
- Volwassenes en kinders sonder skoolklere: R15
- Kinders met skoolklere: R5
Atlete en beamptes (met toegangskaartjies wat deur die skool uitgereik word):
Gratis
Lede van die gemeenskap word uitgenooi om kosstalletjies by die byeenkoms op te rig.
Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees soos volg vir die stalletjiehouers:
- Stalletjie wat elektrisiteit benodig: R100
- Stalletjie wat nie elektrisiteit benodig nie: R50
Navrae in verband met die byeenkoms kan aan Theo Dörfling by Hoër Volkskool gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'