GRAAFF-REINET NUUS — Die atletiektoer na Bloemfontein is altyd ‘n hoogtepunt vir die atlete van Hoër Volkskool.
Hierdie jaar is die Curriebeker Rugby-eindstryd tussen die Bulle en die Cheetahs op die Vrystaat Stadion bygewoon.
Hoërskool Jim Fouché bied hierdie byeenkoms al vir meer as twintig jaar aan. Baie sterk kompetisie van skole uit die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap sorg vir talle hoogtepunte by die byeenkoms.
Hoër Volkskool se atlete het vir ‘n paar mooi prestasies gesorg.
Sherwin van Staden het ‘n puik tweekuns behaal deur die 100m en 200m Seuns O.17 te wen. Sy tye was onderskeidelik 10,90 sekonde en 22,00 sekonde.
Gideon Joubert het sy persoonlike beste afstand in spiesgooi Seuns O.19 tot 55,60 meter verbeter en ‘n tweede plek behaal. Jay-Dee Jooste het 1,80 meter hoog gespring vir ‘n persoonlike beste en ‘n tweede plek in die Seuns O.16 afdeling.
Jay-Dee was ook vierde in verspring met 5,69 meter. Derde plekke is behaal deur Caryn Swartz in die 100m Dogters O.16 met ‘n tyd van 12,80 seondes en Mia Dörfling in spiesgooi Dogters O.19 met ‘n afstand van 22,50 meter.
Mia het ook vyfde geeïndig in diskus. Lafras van Rooyen het twee vierde plekke behaal in diskus en gewigstoot Seuns O.17. Tiané Lombard eindig vierde en sesde onderskeidelik in gewigstoot en diskus Dogters O.15. Vyfde plekke word behaal deur Chris Burger (spiesgooi Seuns O.16) Maryna Nell (800m Dogters O.16) en Fransené Joubert (spiesgooi Dogters O.15).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'