GRAAFF-REINET NEWS — Vyf atlete, verbonde aan die Graaff-Reinet Running Club, het die pas afgelope Sondag, 4 Junie, die Comrades-opwedloop van 86.73km tussen Durban en Pietermaritzburg aangedurf.
Die voete is stukkend en die lywe seer, maar die plaaslike atlete is dit eens dat die voltooïng van dié vermoeiende wedloop absoluut die moeite werd was.
"Al vyf atlete was suksesvol," sê die trotse voorsitter van die klub, Rozelle Köhne.
Eric Foendien was die eerste lid van die klub om oor die einstreep te trap. Hy het die wedloop voltooi in 'n tyd van 8.56.20.
Wayne Maspero het in 'n tyd van 9.49.34 die wedloop voltooi, gevolg deur Justin Kingwill met sy tyd van 10.36.09, Jan Fick (11.01.33) en Elise Steynberg met 'n tyd van 11.21.08.
'Ons bring u die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'