MIDDELBURG NUUS — Op Saterdag, 28 Januarie, het 'n aktiewe jong man van Middelburg, Saul Miles sy kwalifiseerende marathon gaan doen te Port Elizabeth om deel te kan neem aan die gewilde Comrades Marathon wat plaasvind op 4 Junie.
Miles, wat lid is van die Bo Karoo Multi-Sports Club, het die Builders Warehouse-marathon se 42km voltooi in 'n tyd van 3:55:30. Miles is heel gelukkig met sy prestasie en sal dus wel kan deelneem aan die Comrades.
Miles se vrou, Debbie Miles en sy suster, Gillian Miles het ook deelgeneem aan die 5km draf/stap en hul heel eerste medaljes verower. Die drie Middelburgers noem ook dat nie eers die son, wind, stof of selfs die reën hulle kon onderkry om die wedlope te voltooi nie.
Die drietjies is baie optimisties om hul volgende wedloop aan te pak en het reeds begin oefen.
Miles is tans besig met sy eie oefenkamp en nooi graag almal uit om deel te wees van dié span.
Die kamp is nie net bedoel vir atlete nie, maar ook vir die persoon wat 'n gesonde leefstyl wil volg/leef. Dit mag wees om gewig te verloor, om liggaamsdele te versterk, om fiksheid te verbeter, spiere te bou en selfs net te ontspan ook. Die kamp is Maandae tot Vrydae op Middelburg Sportsveld beter bekend as "MARA" van 5.30nm tot 6.30nm.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'