SUID-KAAP NUUS - Jan-Paul Gerber het Saterdag se Meiringspoort Challenge 60 km-bergfietsry-afdeling gewen, terwyl Ettienne Plaatjies eerste oor die wenstreep gehardloop het in die 19,5 km-wedloop.
Heather van Gesellin was die vroue wenner in die 60 km bergfietsry, terwyl Benino Hans en Charlissa Schultz onderskeidelik die mans- en dameswenners in die 30 km-bergfietsry was.
Melissa van Rensburg het die 19,5-wedloop eerste kaf gedraf.
Die 9,5 km-pretdraf is onderskeidelik deur Anderson Ncube en Rebekah Swanepoel gewen.
Ons bring jou die nuutste Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus