GRAAFF-REINET NUUS — Die afgelope naweek, 5 en 6 Mei, het die Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe plaasgevind.
Die byeenkoms is aangebied in die Groenpunt Stadion in Kaapstad. Koel weer en soms ‘n fyn misreën kon nie die entoesiasme van die meesters van die atletiekbaan beperk nie.
Alet Pietersen, oud-ouer van Hoër Volkskool, en haar broer Theo Dörfling, onderwyser van Hoër Volkskool, het die Oostelike Provinsie by hierdie byeenkoms verteenwoordig. Alet het die spiesgooi in die ouderdomsgroep 55-59 jaar gewen. Sy het ook vyfde plekke in die diskus en gewigstoot behaal. Theo het tweede geeïndig in die spiesgooi in die ouderdomsgroep 50-54 jaar. Hy het ook ‘n vierde plek in diskus en ‘n vyfde plek in gewigstoot behaal.
Alet het Saterdagaand by die prysuitdelingsfunksie haar nasionale kleure verwerf.Sy het in 2016 die Suid Afrikaanse-rekord in haar ouderdomsgroep in spiesgooi verbeter en dit opgevolg met kwalifiserende afstande vir Nasionale kleure. Hierdie besondere prestasie het bewys dat ouderdom jou nie hoef te beperk om jou ideale te bereik nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'