GRAAFF-REINET NUUS — Die lede van die Graaff-Reinet Running Club is die pas afgelope Vrydagaand, 25 November, by die Botaniese Sportklub gedurende hul prysuitdeling en jaareind-funksie vir hul spog prestasies beloon.
Die volgende lede spog met trofeë:
Eric Foendien: meeste wedloop-kilometers gehardloop - 'n allemintige 483km. Hy is ook die eerste klublid onder die mans oor die wenstreep by die Comrades en die Two Oceans Ultra.
Paula van Rooyen: beste sportmansgees.
Sipho November: die Graaff-Reinet Running Club se beste mansatleet - hy het altesaam 12 goue en vyf silwer medaljes verower gedurende 2016. Hy is ook die klublid onder die mans wat eerste oor die wenstreep was by die Windpomp Run.
Jan Fick: lid met die getrouste deelname aan 'Club Runs'.
Tania Bodenstein: die eerste klublid onder die dames oor die wenstreep tydens die Comrades en die Two Oceans Ultra.
Marijke Beukes: die klub se beste opkomende atleet.
Chade Bowles: aangewys as die klub se beste damesatleet en die eerste klublid onder die dames wat eerste oor die wenstreep getree het tydens die Windpomp Run.
Elise Steynberg: verower die Skilpad-trofee vir laaste klublid oor die eindstreep tydens die Comrades.
Madel Piek: beste junior-atleet.
Sophia Du Plessis: aangewys as die 'Runner's Runner of the Year'.
Die klub se nuwe bestuur is ook tydens die funksie aangekondig, hulle is: Rozelle Köhne (voorsitter), Paula van Rooyen (vise-voorsitter), Jackie Taylor-Freeme (tesourier), Eric Foendien (mans-kaptein), Elise Steynberg (dames-kaptein), Stefanie Faber, Moira Light, Mariike Beukes en Jannie Coetzer.
Die Graaff-Reinet Running Club bestaan tans uit 42 lede en hoop om volgende jaar in getalle te groei.
Die klub nooi enige belangstellendes uit om aan hul 'Club Runs' deel te neem volgende jaar - daar word weer vroeg hiermee afgeskop in Januarie en sal daar 'n algemene jaarvergadering gehou word vir alle lede en belangstellendes om by te woon. Hou die Advertiser dop vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'