GRAAFF-REINET NEWS — Laer Volkskool se eerste 12 seuns- en dogters-tennisspanne het sedert April geld deur middel van lootjievorms ingesamel.
Die fondse geïn sal gebruik word om toernooikostes van die spelers wat aan toernooie gaan deelneem ligter te maak.
Laer Volkskool bedank graag al die spelers vir die moeite wat hul aangegaan het om van die inisiatief 'n sukses te maak.
Dank word ook uitgespreek aan al die ouers wat die pryse moontlik gemaak het.
Die wenners is:
• Vierde prys ('n geskenkbewys van R500 geskenk deur Morné en Petro Marx): Marina van der Merwe;
• Derde prys ('n heel sprigbok geskenk deur Louis en Leonie Slabbert): Schalk du Toit;
• Tweede prys (verpakte wildsvleis geskenkpak geskenk deur Paul en Maritsa Schoeman): Izél van Eeden en;
• Eerste prys (een lam - opgesaag en verpak - geskenk deur Johan en Anneke Bezuidenhoudt): Henry Daliwe.
‘Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus’