POLITICAL NEWS - Dit gee weer hoop waar mense hoop verloor het. So beskryf Jaco Londt, voorsitter van die DA se oosstreek, die afgelope beleidskonferensie van die party.
Die DA het verlede Saterdag en Sondag sy aanlyn beleidskonferensie gehou.
Sover bekend was dit die eerste keer in Suid-Afrika dat 'n politieke party so 'n konferensie aanlyn gehou het. Volgens Londt was die doel om sekerheid oor beleid te kry in die aanloop tot aanstaande jaar se munisipale verkiesing.
Voorts om kiesers in staat te stel om hul opsies te kan opweeg teenoor ander politieke partye.
'n Verskeidenheid van beleidstandpunte is aanvaar, onder andere 'n beleid van nie-rassigheid.
"Daar is by my geen twyfel nie dat kiesers uiteindelik net een keuse vir effektiewe dienslewering het en dit is die DA. Een van die aspekte wat vir my uitgestaan het is dat besluite in die DA geneem word op feitelike gronde wat gekoppel is aan die beginsels en waardes van verantwoordbaarheid.
"Ek sal graag dat die DA en in die geval spesifiek die Suid-Kaap, moet gesien word as die bastion van uitnemende dienslewering. Daar waar ons gefaal het in die verlede moet verantwoording gedoen word deur die wat nie voldoen het aan die standaarde nie. Ons moet ons beywer om ten alle tye die voorbeeld te stel soos byvoorbeeld in Mosselbaai en Hessequa."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'