GEORGE NUUS - Magdaleen Titus en die ander drie verdagtes wat op die moord van Titus se man, Preston, tereg staan, het vanoggend weer in die rondgaande Hooggeregshof in George verskyn.
Titus, Natasha Stuurman, Masithembe January en Justice Mooi het vroeër in November in die rondgaande Hooggeregshof in George verskyn, maar omdat Mooi en January se prokureurs onttrek het, het Regter Mark Sher die voorverhoor na vandag uitgestel.
Vandag het Titus se regsverteenwoordiger, Joshua Greeff homself egter ook van die saak onttrek. Mooi en January het intussen regshulpprokureurs bekom.
Die regter het die saak na 13 Desember na die Kaapse hooggeregshof uitgestel sodat Titus ‘n nuwe prokureur kan bekom.
Preston is die nag van 1/2 Desember 2017 met steekwonde aan sy lyf in sy woning op die weermagbasis aangetref. Titus was saam met haar jongste dogter in die huis toe haar man vermoor is. Na Preston se moord is Titus in hegtenis geneem en daar word beweer dat sy die meesterbrein agter sy moord is.
Al die verdagtes, behalwe Mooi is op borgtog vrygelaat.
Die formele verhoor gaan op 25 Februarie 2019 op Oudtshoorn in die rondgaande hooggeregshof begin.
Artikel verskaf deur ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
Lees vorige artikels:
- Voorverhoor in Titus-Moord uitgestel
- Weermagmoord na hooggeregshof
- Hooggeregshofdatums vir soldaat se moordverdagtes
- Weermagmoord: Saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'