Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Taai olie-agtige stof is vanaf Maandag, November op strande tussen Hartenbos en Bayview opgemerk. Mosselbaai munisipale woordvoerder, Cornelle Carstens sê die munisipaliteit se departement van omgewingsbestuur het sy kusbestuur- en rehabilitasiediensverskaffer geaktiveer om die klagte te ondersoek en daaroor verslag te doen.
Intussen is die volgende strande voorlopige gesluit: Hartenbos, Diazstrand, Santosstrand, Kanon, Danabaai en Klein-Brakrivier.
Carstens sê blouvlae sal nie by enige van die blouvlagstrande in Mosselbaai gehys word totdat die strande veilig is vir openbare gebruik nie. Volgens Carstens is Glentana se hoofstrand skoon.
“Die publiek word versoek om asseblief daarvan te weerhou om op die bogenoemde strande te stap of te swem totdat verdere strande veilig verklaar is.”
VERSKAFDE VIDEO (Video: Christiaan Stopforth):
Foto's: Verskaf