ALBERTINIA NUUS - ‘n Drie-en-vyftig-jarige man wat op Vrydag, 23 September by Albertinia in hegtenis geneem is in verband met die moord op die negejarige Jacorine Vaaltyn en die tienjarige Sharon Arries van Albertinia het vanoggend vlugtig in die Riversdal-landdroshof verskyn.
Die verdagte, Timothy Michael Ova se saak is uitgestel tot Donderdag, 29 September vir 'n formele borgaansoek.
Die twee liggame van die meisies is op Donderdag, 22 September by Ova se woning in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek.
Lees meer in susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'