ABERDEEN NUUS - Aberdeen Sekondêr is baie trots op die skool se 80,9% matriekslaagsyfer vir 2023 - 20,9% hoër as in 2022.
Die topvyf matriekleerders is van nommers een tot vyf, Ethan Job, Gina Finnis, Chadlee Hesselman, Emihle May en Kaylee de Vos.
Twee van die leerders het onderskeidings behaal - Emihle May vir Besigheidstudies en Chadlee Hesselman vir Wiskundige Geletterdheid.
Wiskundige Geletterdheid se leerkrag, Maronic Cornelius, is veral in sy skik met Hesselman se onderskeiding - 'n eerste vir een van sy leerders.
Chadlee Hesselman (links) en sy Wiskundige Geletterdheid-onderwyser, Maronic Cornelius.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’