NASIONALE NUUS - Suid-Afrikaanse aktrise, Marga van Rooy is gister, 15 Januarie, oorlede na ’n stryd teen kanker.
Lizz Meiring het die nuus bevestig op haar Twitter-profiel en gesê: “My ‘skoonma’ in Molly en Wors, die manjefieke Marga van Rooy is oorlede.”
Van Rooy, wat sowat 52 jaar in die bedryf was, is bekend vir haar rol in onder meer Vetkoekpaleis, Mollie en Wors, Egoli, en Die Windpomp.
In ’n Bravo!-onderhoud van 2015 het Van Rooy gesê dat dit nog lekker is om “met die jong mense te werk”, en om deel te wees van ’n wêreld vol jongmense van die toekoms.