GRAAFF-REINET NUUS - Die R390-roete tussen Hofmeyr en Cradock, is Vrydag 13 Desember ten volle oopgestel vir verkeer.
Die pad word opgradeer en die afgelope jaar was daar deurgaans vier tot vyf stop-en-ry kontrolepunte langs die 62 km-roete, wat erge verkeersoponthoude veroorsaak het.
Werk aan dié roete gaan vir nog drie tot vier jaar aanhou, maar Sanral het beloof dat alle padwerke landwyd gestaak word om plek te maak vir vakansieverkeer.
Die R390 dra verkeer tussen Bloemfontein en Gqeberha en kan voertuie van 'n maksimum breedte van drie meter akkommodeer.
Shaun Vermaak, toesighoudende ingenieur, sê kontrolepunte sal weer van 7 Januarie ingestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’