OUDTSHOORN NUUS - As premierborg van die 28ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees is Checkers trots om vanjaar feesgangers se ervaring van kuns, bobaas kos en lekker saamkuier selfs beter, en beter, te maak.
Hier is drie maniere waarop Checkers die dorp van Oudtshoorn met sy vrolike seegroen inkleur.
- Die Checkers Liplekker-teater
’n Splinternuwe aanbod by die Feesmark is die Checkers Liplekker-teater waar feesgangers saam met kosskrywer Herman Lensing en sy bekende vriende kan kom kuier. In hierdie kombuis word fynproewersdisse met van Checkers se topgehalte-produkte gemaak, insluitend eie handelsmerke soos Forage and Feast en Simple Truth, terwyl gaste Amanda Strydom, Frank Opperman, Elsabe Zietsman, Coenie de Villiers, Deon Meyer, Kurt Darren, Danie & Moskou van Spoegwolf, Lizz Meiring en nog vele andere, hul kos (en ander) geheime in kombuisgeselsies verklap.
Die teater bied elke dag vier tot vyf vertonings aan en bywoning is gratis vir Feesmark-kaartjiehouers. Sien hier wie's volgende voor die kookpotte. - Kosstalletjies
Checkers se kosstalletjies is ideaal geleë by die hoofverhoog met ’n verskeidenheid peusel-opsies vir kosliefhebbers. Daar is alles van Championship Boerewors-rolletjies, tot heerlike Forage & Feast-kaasborde en varsgemaakte soesji. Feesgangers kan in die rusarea uitspan met ‘n gin of heerlike glasie wyn van verskeie gewilde handelsname, wat ook Checkers se OddBins-wyne insluit. [AT1] En die Foreign Ground-koffiereeks is gereed vir diegene wat eerder na 'n geliefde koppie boeretroos opsoek is. - Checkers Sixty60 bedien feeskampers
Mooi getooi in Afrikaans, maak Sixty60 vanjaar kampeerders se feeservaring nog beter! Daar is ‘n addisionele afleweringspunt by die dorp se grootste kampeerterrein, Kleinplaas-oord, bygebring om daardie gunsteling-feeshappies (of die tandeborsel wat vergete gebly het!) bykans tot reg by die tentflap te af te lewer. Bestellings kan ook op die Sixty60 app bespreek word vir aflewering by 171 Baron Van Reede Street, Oudtshoorn.
Checkers Liplekker teater met Kurt Darren. Foto: Hans van der Veen
Checkers Liplekker teater met Elsabe Zietsman. Foto: Hans van der Veen
Checkers kosstalletjies. Foto: Carli Munro
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’