NATIONAL NEWS - Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, is gisteraand in die ouderdom van 25 oorlede.
Die nuus is vanoggend deur sy bestuur op sy amptelike Facebook-blad gedeel.
“Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ‘n leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elkeen vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd,” lees die verklaring.
Du Plessis het sedert September 2022 dapper teen breinkanker geveg.
Hy het bekendheid verwerf ná die liedjie Kaas elke dag, en het Vrydag sy laaste album, God kan, vrygestel.
“Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees. Nou kan jy rus,” sluit die verklaring af.
Article: Caxton publication, The Citizen
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’