MOTORNUUS - Bring 'n kombers of twee met jou motorfiets of motor wat jy dié winter vir behoeftiges kan skenk.
'n Komberslopie word deur Solidariteit Helpende Hand-motorfietstak gereël en hulle sal die komberse versprei.
Hulle vertrek Saterdag 8 Junie om 09:00 vanaf Engen One Stop op Riversdal.
Vandaar ry hulle na Heidelberg en vertrek weer om 10:00 van Caltex na Swellendam.
Op Swellendam sal almal by die Barrel en Blues Bar bymekaar kom. Die wat nie kan saamry nie, kan komberse by Helpende Hand-winkels afgelaai word.
Vir navrae, skakel Corrie by 082 419 1770.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'