SUID-KAAP NUUS - Op die 4x4-roete op Vleesbaai is die plek waar die manne hulle kombinasie van 4x4-voertuig en bestuursvernuf gedurende die naweek tot die uiterste beproef het.
Bestuurders van verskillende fabrikate het mekaar op humoristiese wyse uitgedaag en is deelnemers vir ongeveer vier ure aan verskeie uitdagings blootgestel.
Daar het 78 voertuie van sover as Stellenbosch en Kareedouw aan hierdie dag deelgeneem.
Campworld & Safari Centre (Mosselbaai) en Mosselbaai Nissan het die projek geborg en ook 'n stel Cooper-bande ter waarde van R15 000 aan 'n gelukkige lootjie-eienaar geskenk.
Kerneels Nortjé van Oudtshoorn het die Campworld & Safari Centre Oakdale-ondersteuners 4x4-trofee vir die bestuurder wat die beste vertoon het in 'n standaard 4x4-voertuig, gewen.
Die Oakdale-ondersteunersklub -bestaande uit ouers vanaf George, Mosselbaai, Knysna en Oudtshoorn - bied vanjaar weer twee projekte aan, naamlik die 4x4-dag, asook die gewilde ondersteunersdans wat op 15 September by die 4 Brothers-skuur buite George gehou word.
Die verskillende fabrikate het mekaar behoorlik uitgedaag! INLAS: Van links is Ernie Jacobus (Mosselbaai Nissan), André Latsky (skoolhoof), Kerneels Nortjé en Bennie Durand (Campworld & Safari Centre, Mosselbaai).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'