KAROO NUUS - Motoriste kan weer vir ’n kort rukkie asem skep wanneer die petrolprys die maand aansienlik daal.
Die department van energie het dit vandag bekend gemaak dat daar ‘n skerp daling in die prys van brandstof verwag kan word dié Woensdag, 5 Desember.
Die prys van petrol sal met R1.88 per liter daal.
Dieselgebruikers kan 'n afname van tussen R1.45 en R1.47 per liter verwag.
Die prys van paraffien sal met R1.78 ‘n liter daal.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'