TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Sjoekran (sjoe-kran) tw. (i.d. taalgebruik van Moesliems) Ook shoekran en shukran. (‹Arab. shukran) dankie: Sy vlieg op en hardloop … Oor haar skouer sien sy dat oom Moshe haar agternasit … Liora hardloop koes-koes tussen vroue deur … Toe sy haar in 'n doodloopgang bevind, lig 'n jong vrou … haar voorskoot en laat dit oor haar sak. “Sjoekran, Jaseena,” sê Liora. Dis een van die min Arabiese woorde wat sy ken: dankie (J. v. Tonder: Verevrou, 2019, E). Sjoekran, thank you, baie dankie en enkosi vir die voorbeeldige manier waarop die hongeres gevoed en ondersteun word (Son, 16 Mei 2020, E).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’