MANDELADAG - In die Hofmeyrdistrik, waar temperature elke oggend benede vriespunt val, is dit Angorabok-skeerseisoen en die arme bokke van die distrik moes van hul winterjassies afstand doen.
Angorabokke word elke ses maande geskeer, en die winterskool- en kersvakansies is voorkeur skeertye wat saamval met die bokhaarveilingstye.
Gaan kyk na die videos op Facebook.
"Ons sorg maar dat ons bokke vir 'n week of twee na skeertyd nog in 'n warmer kampie loop, anders vrek hulle van die skielike koue," sê Charles Jordaan van De Keur.
Skapies vir Mandela
Die Angorabokke se skaapfamilie in Hofmeyr het ook deurgeloop, maar van die skapies se warm wol is darem vir ‘n goeie doel ingespan.
By Hofmeyr Hugs of Hope is vroue op Mandeladag geleer hoe om regte, egte wolmatrasse te maak. Matrasse is ook uitgedeel aan gesinne wat nie matrasse vir al die gesinslede het om op te slaap nie. Foto: Teresa Opperman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’